Jou bron van goeie nuus

'n Koerant wat se hart warm klop vir die Swartland.

 

Dit is met groot trots dat die span kan aankondig dat hulle steeds op dieselfde basis geskoei sal wees as voorheen, maar net met 'n jonger, nuwe ingesteldheid en voorkoms.

By Het Zwartland glo die span in goeie, opbouende nuus wat informatief vir die gemeenskap is.

Het Zwartland is hier om die gemeenskap te dien en op te bou met die positiewe nuusaanbieding van die redaksiespan.

 

In die bemarkingsafdeling is dieselfde gesigte steeds tot adverteerders se diens en is hulle daar om jou besigheid

die nodige publisiteit te gee, sodat jy en jou onderneming die vrugte daarvan kan pluk.

 

Die publikasie, wat uitgegee word deur Blazon Multi Media Pty Ltd, onder direksie van Jane Gouws, sal steeds voortgaan om weekliks op 'n Woensdag van huis tot huis in die Swartland versprei te word.

 

Die redaksiespan bestaan steeds uit Izélle Fouché (redakteur), Charlotte Lesch (joernalis), Cor Cronjé (fotograaf),

David Howburgh (vryskut fotograaf) en Abri Adonis (rugbyjoernalis).

 

In die advertensieafdeling is die drie bemarkers van Het Zwartland vol ywer om adverteerders van hulp te wees.

Hulle is Desiré Kriel, Karin Neethling en Marietjie Nel.

 

Op ontvangs en ook geklassifiseerd asook betrekkings, is die vriendelike gesig van Chrizaan Witbooi te vind.

Schalk Eygelaar sorg dat alle advertensies kreatief ontwerp word in die grafiese afdeling.

 

Nie net gee die span weekliks 'n koerant uit nie, maar werk hulle ook aan spesiale fokusse, boekies, bylae en talle ander projekte.

 

In die Swartland versprei Het Zwartland weekliks 20 000 eksemplare. Vind ons hier: Malmesbury, Abbotsdale, Chatsworth, Riverlands, Darling, Yzerfontein, Moorreesburg, Koringberg, Riebeek-Wes, Riebeek-Kasteel, Hermon.

Jou bron van goeie nuus

 

© Het Zwartland hou kopiereg op alle inhoud van hierdie webwerf en geen deel daarvan mag sonder die

bestuur se toestemming gekopieer word nie.